Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sanco eis Cele en Fritz se kop oor Kaapse Vlakte

Die burgerregtegroep Sanco eis die kop van Bheki Cele, minister van polisie, en Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, omdat hulle nie daarin slaag om bendes en geweldsmisdaad in Kaapstad vas te vat nie.

Sanco eis die kop van onder andere Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Craig Nieuwenhuizen

“Die Kaapse Vlakte bly ’n oorlogsone met onskuldige mense wat sterf en gemeenskappe wat vernietig word,” sê Thando Dedezana, voorsitter van Sanco, in ’n verklaring.

Dedezana sê daar moet politieke aanspreeklikheid wees vir die daaglikse lewensverlies op die Kaapse Vlakte.

“Die slegte plan om die weermag as ’n vinnige oplossing in die Wes-Kaap te gebruik het geen noemenswaardige uitwerking gehad op die veiligheid van inwoners nie.”

Dedezana sê volgens provinsiale forensiese data is 47 moorde die afgelope naweek in Kaapstad gepleeg.

“Gemeenskappe sê misdadigers vind nou ander maniere om hul bedrywighede onverstoord voort te sit, selfs al is die weermag ontplooi. Selfs meer frustrerend is dat diegene wat in hegtenis geneem word, kort daarna weer op straat is,” sê Dedezana.

Sanco sê die maatskaplike probleme in die Wes-Kaap dra daartoe by dat soveel mense ’n toevlug in bendes en misdaad vind.

“Hul alledaagse werklikheid vereis ’n holistiese, sosio-ekonomiese aanslag, pleks van hardhandige,

drakoniese maatreëls wat aan die donker dae van apartheid herinner.”

Meer oor:  Sanco  |  Bheki Cele  |  Albert Fritz  |  Kaapse Vlakte  |  Kaapstad  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.