Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sandra Moonsamy se ontvoerders het dalk wêreldwyd bande

Nadat ’n internasionale sindikaat oopgevlek is, sal die Valke moontlik saam met wetstoepassingsagentskappe oor die wêreld heen werk om die ontvoering van ’n Durbanse sakevrou te ondersoek.

Die Valke het Vrydag bevestig dat vier mense in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering van Sandra Moonsamy. Die ontvoerders het glo R140 miljoen vir haar vrylating geëis.

Moonsamy is in Mei op die M13 op Stapletonweg in Pinetown, KwaZulu-Natal, ontvoer terwyl sy in haar swart Range Rover gery het. Die Valke het bevestig dat Moonsamy Donderdagaand lewendig in eMalahleni, Mpumalanga, gevind is.

Sandra MoonsamyFoto: Facebook/Sandra Moonsamy Missing

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het vroeër gesê dat Moonsamy “in kettings in eMalahleni vasgebind is en gered is deur ’n span bestaande uit die Valke, misdaadintelligensie, die eenheid van georganiseerde misdaad van Gauteng en die Ekurhuleni-metropolisie”.

Die Valke het beslag gelê op drie luukse voertuie ter waarde van R3 miljoen, wat volgens Mulaudzi glo “gekoop is met die opbrengs van misdaad”.

Vier verdagtes – tussen die ouderdomme van 30 en 34 jaar oud – sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Durban op aanklagte van ontvoering verskyn.

Mulaudzi het bevestig dat ’n internasionale sindikaat agter die ontvoering sit, maar het gesê dat meer inligting bekend gemaak sal word sodra die saak voor die hof is.

Hy sê een van die mans wat in hegtenis geneem is, is moontlik ’n senior lid van die sindikaat, maar dit kan nog nie bevestig word nie.

Die sindikaat was moontlik ook betrokke by die ontvoering van die Pretoriase sakeman Omar Carrim en ’n sakeman van Johannesburg, Shiraz Ghatoo, wat volgens getuienis met die saak verbind word, het The Saturday Star berig.

Mulaudzi kon nie bevestig of die sindikaat met nóg voorvalle van ontvoering verbind word nie.

Volgens Mulaudzi is die sindikaat oopgevlek ná maande se ondersoek deur die Valke nadat hulle inligting van ’n aantal agentskappe en ’n privaat speurder ontvang het.

“Ons sal met ander agentskappe saamwerk oor sake wat hieraan gekoppel kan word. Die proses is aan die gang en dit is net ’n kwessie van tyd voordat ons weet of die verdagtes in Afrika of in Europa gesoek word,” sê hy.

Meer oor:  Ontvoerders  |  Ontvoering  |  Sandra Moonsamy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.