Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sanger en lewensmaat ingewag voor hy doodgeskiet is

Die sanger Wynand Breedt en sy lewensmaat is oënskynlik ingewag by hul huis op Fleury Farm in die Robertson-distrik, buite Worcester, waar hy doodgeskiet is.

Dié moord op die sanger, wat ook ’n musiekonderwyser by die Lanner House Independent School op Worcester was, is die derde aanval op 'n plaas in 12 dae in die Wes-Kaap, sê die burgerregte-organisasie AfriForum.

Breedt en sy lewensmaat het na verneem word Vrydagaand by die huis stilgehou. Sy lewensmaat is by ’n sydeur van die huis in, terwyl Breedt die motor parkeer het.

Die lewensmaat het glo die voordeur oopgemaak om hul honde in te bring toe ’n gewapende man blykbaar skielik in die deur verskyn. Breedt se lewensmaat het glo die voordeur toegeslaan en oomblikke later vir Breedt met ’n skietwond buite die huis aangetref.

Wynand Breedt, wat Vrydagaand doodgeskiet is. Foto: Facebook

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 22:30 gebeur.

Teen Saterdagmiddag was niemand nog vir die moord in hegtenis geneem nie.

Intussen het Thomas van Dalen, AfriForum se waarnemende suidstreekhoof vir gemeenskapsveiligheid, gesê dit lyk of die aanvaller die slagoffers ingewag het.

Volgens sy inligting was die man onbekend aan die slagoffers en niks is gebuit nie.

“Die aanvaller was daar met ’n plan. Dit was nie ’n gewone misdaad nie, maar wrede geweld.”

Ná Vrydagaand se voorval, asook twee soortgelyke voorvalle, onderskeidelik op plase in die Paarl en net buite Worcester die afgelope 12 dae, sê Van Dalen val die soeklig opnuut weer op plaasveiligheid.

“Veiligheid op plase moet opgeskerp word, veral nou dat aanvalle toeneem in die Wes-Kaap.”

Volgens die organisasie se inligting het plaasaanvalle oor die land heen skerp toegeneem sedert die land van vlak 4 na vlak 3 van die nasionale inperking oorgeskuif het.

Met die aandklokreël opgehef, meen Van Dalen het mense veel meer vryheid om rond te beweeg. Dit is moontlik een van die bydraende redes vir die styging in aanvalle.

Hy het ’n beroep op plaaseienaars gedoen om hul veiligheid op te skerp.

Meer oor:  Wynand Breedt  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.