Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sangoma laat man se hele pensioen ‘verdwyn’

Durban. – ’n Sangoma met ’n gladdebek word daarvan beskuldig dat hy so oortuigend was dat hy ’n man oortuig het om sy werk te bedank en al sy spaargeld aan hom (die san­goma) te gee – waarna dit voete gekry het.

Dié buitengewone verhaal het begin toe die man (34) na die sangoma gegaan het weens probleme by sy werk.

’n Woordvoerder van Reac­tion Unit South Africa (Rusa), Prem Balram, het gesê die sweiser het die sangoma aanvanklik verlede jaar in die stad ontmoet.

“Aanvanklik het die sangoma gesê die man se lewe is in gevaar omdat iemand by sy werk tradisionele medisyne gebruik het wat hom [die man] siek kon maak en tot sy dood kon lei.

“Die sangoma het aan die man gesê as hy wil leef moet hy sy werk verlaat. Hy het ook vrae gevra oor die waarde van die man se pensioenfonds,” het Balram gesê.

Die man het toe sy werk in Desember bedank en aangehou om die sangoma te besoek.

“Die sangoma het een keer gesê as hy sou wou kan die man R140 000 van sy pensioengeld in R4 miljoen omtower,” het Balram gesê.

Die man het die geld oorhandig en die sangoma het dit in ’n kluis gebêre, gesê hy sal die sleutel bewaar en dat die kluis eers dié maand oopgemaak kon word.

“Gister het die man die san­goma probeer bel en toe hoor hy laasgenoemde is in hegtenis geneem en dat hy R5 000 vir borgtog benodig. Die slagoffer het besef iets is verkeerd. Hy het die kluis in sy motor gelaai en na Rusa gebring. Amptenare kon toe bepaal dat die kluis leeg is. Die slagoffer het gesê hy het geweet die kluis gaan leeg wees, maar was te skaam om aan sy familie te erken dat hy geflous is,” het Balram gesê.

Meer oor:  Pensioen  |  Sangoma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.