Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SAKP-leier vermoor: Polisie hoop op vinnige deurbraak
Onbekende mans het Siyabulela Siswana en sy dogtertjie, Banele (6), Woensdagaand doodgeskiet. Foto: Facebook

Die Wes-Kaapse polisie hoop om binnekort ’n deurbraak te maak in die voorval waarin Siyabulela Siswana (44) en sy sesjarige dogter, Banele, Woensdagaand in hul huis in Uitbreiding 6, Mfuleni, doodgeskiet is.

Siswana was die voorsitter van die Brian Bunting-distrik van die SAKP.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê speurders verbonde aan die provinsiale kantoor is reeds besig om verskeie mense te ondervra.

“Ons hoop dat die ondersoek die motief vir die skietvoorval aan die lig sal bring.”

Volgens Potelwa dui voorlopige polisieverslae daarop dat twee gemaskerde mans Siswana se huis binnegedring het. Een van die mans het verskeie skote op die inwoners geskiet. Siswana is op die toneel dood.

Sy 39-jarige vrou, wie se naam nie bekend is nie, en Banele is in ’n ernstige toestand na ’n plaaslike hospitaal geneem, waar Banele later dood is.

Judy Stevens, ’n goeie vriendin van Siswana, het Donderdag gesê sy het hom in 2016 leer ken toe hulle saam by die South African Wine Industry Fund gewerk het.

Siswana was “die nederigste mens”, het sy gesê.

“Hy en Banele het ’n uitsonderlike pa-dogter-verhouding gehad. Siya het haar elke middag voordat hy huis toe is, eers gebel om te hoor hoe haar dag was. En dan het hy ook seker gemaak dat hy lekkers in sy sak het, want dis wat sy altyd eerste by hom gesoek het.”

Volgens Stevens was hy iemand wat altyd die vrede wou bewaar en sou hy nie ’n vlieg skade aandoen nie.

“Ons weet nie of sy moord polities van aard was nie. Dit sal die polisie-ondersoek seker wys.”

Thozama Gwente, ’n familievriendin, het Donderdag gesê Siswana se vrou is nog in ’n ernstige toestand in ’n plaaslike hospitaal.

Meer oor:  Sakp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.