Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sassa uit meer as R50 m. bedrieg in 1 jaar

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) is binne ’n jaar uit meer as R50 miljoen bedrieg en het meer as R18 miljoen bestee aan ’n ondersoek in ’n poging om van dié geld terug te kry.

Dit is volgens Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, in ’n antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA-LP Bridget Masango.

Masango het ’n skriftelike vraag gevra oor die besonderhede van die nagenoeg 20 000 sake van bedrog wat aan Sassa gerapporteer is.

Sy wou weet hoeveel van hierdie sake al opgelos is, hoeveel van die geld teruggekry is en hoeveel van die betrokke Sassa-amptenare geskors of afgedank is.

“ ’n Totaal van 19 448 uit 23 240 sake van Sassa-kaart-verwante bedrog wat in 2019 aangemeld is, is opgevolg en opgelos,” lui Zulu se antwoord.

“Die meerderheid van hierdie sake behels die bedrieglike heruitreiking van Sassa-kaarte of kaarte van die Poskantoor, wat daartoe lei dat die geregtige aansoekers nie hul geld ontvang nie.”

Zulu sê daar het in 2019 sowat R54 miljoen verlore gegaan weens bedrog.

Veertien amptenare van die Poskantoor, wat verantwoordelik is vir betaling van die toelae, is afgedank. Hulle is deel van ’n groep van 72 amptenare wat gearresteer is vir die bedrog.

News24 het in September berig dat daar in die afgelope vyf jaar meer as R282 miljoen by Sassa gesteel is.

Uit die 258 aangetekende gevalle is daar 76 amptenare vasgetrek en afgedank, sê Zulu.

“156 beamptes is voorlopig geskors en 26 is summier, sonder betaling, geskors.”

Zulu sê KwaZulu Natal is die provinsie wat die meeste van hierdie bedrog opgelewer het, met ongeveer 55% van die gevalle uit al die provinsies.

Die Noord- en Wes-Kaap het die minste gevalle gehad.

’n Totaal van 19 448 uit 23 240 sake van Sassa-kaart-verwante bedrog wat in 2019 aangemeld is, is opgevolg en opgelos.

Meer oor:  Sassa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.