Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sassa-werker tronk toe weens bedrog

’n Werknemer van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) is Dinsdag in die handelshof in Bellville tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens onwettige Sassa-uitbetalings van meer as R1 miljoen.

Elliot Jingilisa (32) van Philippi het in ’n pleitooreenkoms met die staat skuld beken op 183 aanklagte van bedrog wat tussen Januarie 2014 en Mei 2016 gepleeg is.

Jingilisa het erken dat hy deel was van ’n groep wat hulleself wou verryk en Sassa besteel het deur toelaes aan skynbegunstigdes te betaal. Hy is glo R500 betaal vir elke onwettige uitbetaling.

Jingilisa is 15 jaar direkte tronkstraf opgelê waarvan sewe jaar vir vyf jaar opgeskort is. Hy sal dus effektief agt jaar agter tralies deurbring.

Hy het drie kinders van onderskeidelik 1, 2 en 4 jaar oud by verskillende vroue.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die openbare vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê dat Jingilisa drie jaar as kontantbetalingsdienstebeampte by Sassa gewerk het en dat hy in die tydperk sy pos misbruik het deur bedrieglike aansoeke vir maatskaplike toelaes deur te sit. Sowat R1,2 miljoen is op dié manier aan skynbegunstigdes uitbetaal.

“Hy het sowat R91 500 van die betrokke ‘aansoekers’ vir sy bedrieglike dienste ontvang.”

Meer oor:  Bedrog  |  Sassa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.