Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man vas ná sluipmoord-aanval op SAUK-hoë

Die polisie het 'n verdagte in hegtenis geneem in verband met die sluipmoordaanval Vrydagaand op Thamsanqa (Thami) Zikode, die SAUK se hoof-ouditbestuurder. Drie ander verdagtes is nog soek.

Zikode het die aanval oorleef.

Die polisie het 'n 32-jarige man in hegtenis geneem en beslag is gelê op 'n vuurwapen en ammunisie, het kapt. Mavela Masondo bevestig.

Vuyo Mthembu, SAUK-woordvoerder, het Vrydagaand in ’n verklaring gesê Zikode is geskiet nadat hy agtervolg is toe hy die SAUK-gebou in Auckland Park verlaat het ná werk.

Zikode is in Desember 2017 by die uitsaaier aangestel met die oog op “organisatoriese stabiliteit, finansiële herstel en gesonde bestuur".

Meer oor:  Sauk  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.