Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
SAUK-joernaliste in Alex beroof

Twee joernaliste van die SAUK is Dinsdag helder oordag in Alexandra, in die noorde van Johannesburg, beroof.

Natasha Phiri, ’n verslaggewer, en die kameraman Sbu Mcedane is deur gewapende mans oorrompel wat met hul kamera gevlug het.

Die voorval het in 11de Rylaan, een van die besigste strate in Alexandra, gebeur. Mense is later in ’n nuusbulletin gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die kamera, wat die misdadigers moontlik aan pandjieswinkels in die omgewing wil verkoop.

Volgens Phiri was hulle besig om beeldmateriaal op te neem vir ’n storie oor die betogings wat die laaste ruk dié township verlam het.

“Die mans het ook ons voertuigsleutels en besittings gevra,” het Phiri gesê.

Sy het haar skok uitgespreek dat omstanders net staan en toekyk het hoe hulle beroof word.

Die openbare uitsaaier het die voorval veroordeel en sy kommer uitgespreek oor joernaliste wat beroof word terwyl hulle hul werk doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.