Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Scotland Yard ‘waarsku SA polisie destyds al’

Die metropolisiediens New Scotland Yard in Engeland het reeds in 1993 aan die Suid-Afrikaanse polisie gesê dat Suid-Afrika nie net sy vryheid (ná apartheid) gaan kry nie, maar dat die land ook ’n speelgrond vir misdaadsindikate gaan word.

By die konferensie is, van links: Kim Jong Jang, Interpol-voorsitter, dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Bheki Cele, minister van polisie, genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, en lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale Valke-hoof. Foto: Brenton Geach/Gallo Images

So het Bheki Cele, minister van polisie, Dinsdag op ’n mediakonferensie by Interpol se tweede konferensie oor dwelms en die onwettige handel daarin, gesê. Die Interpol-konferensie het Dinsdag in Kaapstad begin en eindig Donderdag.

Cele en ander toekomstige rolspelers in die Suid-Afrikaanse polisie was destyds in Engeland om opleiding by New Scotland Yard te kry.

Cele sê daar is destyds aan hulle gesê dat Suid-Afrika ideaal is vir dwelmsindikate weens ons betroubare lugvaartbedryf, ons maritieme stelsels, ons rekenaartegnologie en ook omdat die rand wêreldwyd erken word.

“Maar ons is nie net aantreklik vir dwelmsindikate nie maar ook vir ander misdaadsindikate, asook mense uit Oos-Europa.”

Paul Stanfield, direkteur van die afdeling vir georganiseerde misdaad by Interpol, het Dinsdag gesê Suid-Afrika word beskou as ’n wêreldleier op die gebied van nywerheid.

“Misdadigers het die geleentheid gesien, net soos sake-ondernemings dit sien. Julle land se geografie is ook ideaal en dit word beskou as ’n goeie roete na Afganistan.”

Hy sê vir misdadigers is dit sake soos gewoonlik. “Hulle het ’n produk wat hulle wêreldwyd wil rondskuif.”

Cele wat die hooftoespraak op die opening van die Interpol-konferensie gegee het, het gesê dat dwelms ’n bedreiging vir die samelewing is.

“Dwelms is ’n harde moordenaar wat ons jeug, wat ons ekonomie moet bou, vernietig. Dwelms dra die meeste by tot gewelddadige misdrywe. Dit ’n vloedgolf wat ons wil oorweldig.”

Hy hoop dat die onderskeie Interpol-lidlande met die byeenkoms en met die uitruiling van idees hulself beter kan bemagtig om die geveg teen dwelms voort te sit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.