Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man skiet glo vrou, seun, ma en toe homself
Lizelle, Carel en Henko Naude van Secunda. Foto: Facebook/Lizelle Naude

Die gemeenskap van Secunda in Mpumalanga is in skok nadat ’n man sy vrou, hul gestremde kind, sy ma en toe homself geskiet het.

Die polisie is Vrydag om 08:00 na die grusame toneel ontbied nadat Lizelle Naude nie opgedaag het by die skool waar sy ’n onderwyseres is nie.

Lizelle het haar 52ste verjaarsdag op Kersdag gevier.

Andries Lee van Romans Security het die gesin se huis besoek waar hy op hul lyke afgekom het.

Volgens kapt. Gerhard Elmes, polisiewoordvoerder, is Lizelle, haar seun, Henko (16), en haar skoonma, Fredricka (73), se lyke in hul beddens met skietwonde gevind.

Die polisie het die lyk van Carel Naude (50) in die hoofbadkamer op die toilet gevind. Hy het homself na bewering geskiet.

Die pistool is op die vloer gevind.

Die polisie kon nie die motiewe vir die aanval bevestig nie.

Encee van Huysteen, redakteur van die koerant The Bulletin in Secunda, was die oggend op die toneel en het aan News24 gesê: “Dit is werklik ’n tragedie en skokkend. Bure het op die toneel byeengekom kort ná die grusame vonds.”

Lizelle was ’n onderwyseres by ’n skool vir gestremde leerders.

Henko was in ’n rystoel en ’n leerder by ’n plaaslike skool.

Meer oor:  Secunda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.