Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sedibeng se munisipale bestuurder glo doodgeskiet
stanley khanyile
Stanley Khanyile

Die Gautengse polisie het ’n soektog op tou gesit na die onbekende verdagte/s wat Saterdagmiddag ’n 52-jarige man in Alberton in die suide van Johannesburg doodgeskiet het.

Volgens bronne is die oorledene glo Stanley Khanyile, omstrede munisipale bestuurder van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit en ’n voormalige departementshoof van sosiale ontwikkeling in die Oos-Kaap. Hy is ondersoek vir beweerde korrupsie, wanadministrasie, finansiële wanbestuur en nepotisme by die Sedibeng-distriksmunisipaliteit.

Die polisie het Saterdagaand egter nie die identiteit van die oorledene bekend gemaak of bevestig dat dit wel Khanyile is nie.

Die oorledene was in ’n voertuig wat geparkeer was by ’n winkelsentrum op die hoek van Hennie Alberts-weg en Michelle-laan in Meyersdal toe verskeie skote op hom afgevuur is, sê brig. Mathapelo Peters, ’n polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Die verdagte het na bewering in ’n goudkleurige Toyota Cressida met ’n onbekende registrasienommer gevlug.

Peters sê die motief vir die moord is in hierdie stadium onbekend.

Enige ooggetuies of enigiemand met inligting oor die voorval kan hul naaste polisiekantoor of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Khanyile het in Augustus saam met Poovandaren Chetty, ’n Durbanse sakeman en geoktrooieerde rekenmeester, en adv. Vuyokazi Sangoni, voormalige hoofdirekteur van die Oos-Kaapse departement van sosiale ontwikkeling, in die landdroshof in King William’s Town op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery ter waarde van meer as R29 miljoen verskyn.

Hulle sou na verwagting weer op 16 Oktober in die hof verskyn het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.