Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seesig-grumoord: ‘Ons is lief vir jou, Netta’

Boodskappe van medelye stroom in vir die familie en vriende van Lynette Volschenk (32) wie se lyk Donderdag onder grusame omstandighede in ’n woonstel in Bellville, Kaapstad, gekry is.

Volschenk se lyk is Donderdag in die Seesig-woonstelgebou in Loevenstein, Bellville, gekry onder skokkende omstandighede. Sy is vermoedelik in haar woonstel op die tiende verdieping vermoor, waarna haar lyk in stukke opgesny is.

Haar liggaamsdele is in die woonstel van ’n man op die negende verdieping gekry.

’n 24-jarige man is Donderdag weens die voorval in hegtenis geneem.

Lynette VolschenkFoto: Instagram
Lynette VolschenkFoto: Instagram

Volschenk se swaer, Francois le Roux, wat met haar suster, Crystal, getroud is, skryf: “Die vlam wat twee keer so hoog gebrand het, het die helfte so lank gebrand.”

Hy skryf dat die gesin ’n paar dae lank nie enige oproepe of boodskappe sal beantwoord nie omdat hulle “daarop moet fokus om ons harte heel te maak”.

In ’n boodskap aan Volschenk skryf hy: “Aan my suster. Ons is lief vir jou, Netta. Jy is vroeg weggeneem, maar ons sal jou binnekort sien.”

Intussen is ’n petisie op die webblad Change.org begin dat Volschenk se vermeende moordenaar nie borgtog moet kry nie.

“Teken asseblief die petisie . . . Die persoon wat beskuldig word van hierdie haatlike en grusame misdaad mág nie borgtog kry nie. Kom ons staan saam om aan die regering te sê genoeg is genoeg,” lui die versoek by die petisie.

Volschenk was op Velddrif op skool. In een boodskap op haar Facebook-blad skryf ’n inwoner van die dorp: “Ons Velddrif-dorp is geruk deur haar wrede dood. Xxx”

Nog ’n boodskap lui: “Ek sal altyd jou lag onthou. Jy was so ’n goeie opregte, eerlike en dierbare mens. Dit voel unreal . . . Ons gaan jou glimlag baie mis.”

’n Vorige buurvrou skryf: “Die nuus het my so geruk, kan dit nie glo nie, twee jaar terug was ons bure en saam koffie gedink. Dit is so hartseer en onwerklik, jy so baie mense se lewens aangeraak. Sterkte aan familie en vriende R.I.P.”

Volschenk se laaste inskrywing op Facebook was Woensdagoggend om 06:47. Sy het dié woorde van die kunstenaar Frida Kahlo aangehaal: “Aan die einde van die dag kan ons baie meer verduur as wat ons dink ons kan.”

Die petisie waarin daar gevra word dat borgtog vir die vermeende moordenaar geweier word. Foto: change.org

Volschenk was ’n tekenaar by die Lyners-ingenieursfirma in Tygervallei, Bellville.

Die laaste inskrywing wat Lynette Volschenk op haar Facebookblad gemaak het. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.