Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Senior aanklaer in hof nadat hy glo 15-jarige verkrag

’n Senior staatsaanklaer in Noordwes wat na bewering ’n 15-jarige meisie onder meer verkrag en seksueel gemolesteer het, is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die 45-jarige man het in die landdroshof in Lichtenburg verskyn op aanklagte van statutêre verkragting, seksuele uitbuiting van kinders, seksuele voorbereiding en seksuele aanranding.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, het die man die dade na bewering in 2019 met die meisie gepleeg. Hy word ook daarvan aangekla dat hy die kind aan pornografie blootgestel het.

Hoewel die NVG die aanklaer se naam bekend gemaak het, weerhou Netwerk24 dit omdat verdagtes wat van seksuele misdrywe aangekla word, volgens wet nie geïdentifiseer mag word voordat hulle gepleit het nie.

Die aanklaer is intussen geskors hangende die uitkoms van die saak teen hom.

Volgens Mamothame het die landdros in ag geneem dat die verdagte aan sekere mediese toestande ly en geen vorige veroordelings het nie toe hy borgtog toegestaan het. “ ’n Mediese verslag is ingedien wat sy mediese toestand staaf.”

Die borgtogvoorwaardes sluit in dat die aanklaer nie vir ’n paspoort aansoek mag doen nie, hy geen kontak met die slagoffer en getuies mag hê nie en hy Noordwes nie mag verlaat sonder die ondersoekbeampte se toestemming nie.

Mamothame sê ’n vroeëre aansoek van die aanklaer se prokureur dat hy onregmatig in hegtenis geneem is, is verwerp.

Die saak is tot 17 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.