Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Senior verkeersman aangekla van seksuele aanranding

’n Senior verkeersbeampte in die Wes-Kaapse provinsiale verkeersdepartement is Maandag omstreeks 08:00 deur speurders verbonde aan die provinsie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS) in hegtenis geneem.

Die man, een van die mees senior beamptes in die provinsiale verkeersdepartement, het homself by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor oorgegee. Hy was vergesel deur adv. John Riley, sy regsverteenwoordiger.

Hy is kort daarna na die landdroshof in Kaapstad gebring waar hy op aanklagte van poging tot verkragting, seksuele aanranding en crimen injuria verskyn het.

Die man het glo die klaer, ’n vrouekollega, oor ’n tydperk van ’n paar jaar seksueel aangerand.

Luidens inligting was die eerste voorval in Junie 2019 ná ’n werksessie in Mosselbaai. Die man het glo ook vir die klaer gesê dat sy soos ’n ontkleedanser tydens ’n funksie gedans het en dat sy hom met haar optrede glo verneder het.

Daar was glo nog ’n voorval waar hy haar glo aan haar baadjie gegryp het en gesê het dat sy “lekker van agter lyk”.

Die staat het nie borgtog vir die man teengestaan nie en hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die saak is tot 20 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.