Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Senior werknemers van Sita weens korrupsie afgedank

’n Aantal senior werknemers van die staat se inligtingstegnologieagentskap (Sita) is in die pad gesteek nadat “baie vreemde inbrake” daar voorgekom het.

Dr. Siyabonga Cwele, die minister van telekommunikasie en posdienste, het Donderdag dié inligting op ’n mediakonferensie bekend gemaak voordat hy sy begrotingstoespraak vir die 2018-’19-boekjaar in die parlement gelewer het.

“Ja, ek is bekommerd oor die sekerheid by Sita,” het hy op ’n vraag gesê.

Dr. Siyabonga CweleFoto: DEAAN VIVIER

“Sita het die afgelope paar jaar baie vreemde inbrake gehad. Dit is ’n nasionale sleutelpunt en ons behoort nie inbrake by ’n nasionale sleutelpunt te hê nie. Dit beteken dat mense met binnekennis die inbrake fasiliteer.

“In van die inbrake is daar nie eens ’n venster of ’n deur gebreek nie. Hulle stap net in.

“Ek kan bevestig dat die uitvoerende bestuur ’n aantal senior werknemers van Sita in die pad gesteek het. Hulle is uit die stelsel geskop omdat ons hulle (gedrag) nie kan duld nie.

“Natuurlik verskerp ons die veiligheid omdat dit ’n nasionale sleutelpunt is. Ons werk saam met ander veiligheids- en wetstoepassingsagentskappe in dié verband,” sê hy.

Cwele se uitlatings kom nadat LP’s onlangs gehoor het dat werknemers van Sita na bewering toerusting van die staat gebruik het om regstreeks met ’n Boeremagleier, André du Toit, in die tronk te kommunikeer. Hy dien tronkstraf weens hoogverraad uit.

Dr. Setumo Mohapi, die uitvoerende hoof van Sita, het dit in die parlement bevestig nadat ANC- en opposisie-LP’s hul kommer uitgespreek het oor die waarskynlike infiltrasie van Sita en die regering se IT-stelsels deur dié regse groep.

Volgens Cwele is die uitvoerende hoof en direksie “besig om ontslae te raak van korrupte individue” in Sita.

Sekere kontrakte moet ook volgens hom hersien word. “Daar is kontrakte wat buite Sita hanteer word. Daar is ook kontrakte wat in Sita hanteer word en gewysig word deur lyndepartemente, waarna senior amptenare voortgaan om in te meng en dan die kontrakte buite die spesifikasies verander. Dit is dié soort korrupsie wat ons nie kan duld nie.”

Volgens hom is ’n proses aan die gang om Sita se verkrygingstelsels te outomatiseer om “menslike elemente uit te skakel daar waar baie van die korrupsie plaasvind”.

Meer oor:  Sita  |  Siyabonga Cwele  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.