Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sersant doodgeskiet ná hy glo op kollegas losbrand

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n voorval waarin ’n lid van die polisie in Khayelitsha se taktiese-reaksie-eenheid Maandag in die vroeë oggendure in ’n rooftog op ’n bouperseel in Mandela Park in die gebied doodgeskiet is.

Luidens inligting was polisielede op patrollie toe hulle afkom op ses mans wat op ’n bouperseel bakstene op ’n wit bakkie laai.

Vier van die mans het glo weggehardloop en die ander twee is met die hulp van veiligheidswagte op die toneel in hegtenis geneem.

Volgens ’n bron het een van die mans wat gevlug het, teruggekeer en op die polisie begin skiet.

Dié dienspistool van die sersant is Maandag in die vroeë oggendure in ’n sakeroof gebruik. Foto: Verskaf

Die verdagte is ’n oor-en-weer-skietery in die maag gewond.

Die polisie het die gewonde man glo deursoek terwyl hulle op ’n ambulans gewag het en vasgestel dat hy Zukile Ngalo, ’n sersant verbonde aan Khayelitsha-polisie se taktiese-reaksie-eenheid, is.

Die bakkie behoort glo ook aan die sersant.

Hy is na ’n hospitaal geneem, waar hy aan sy wonde beswyk het.

Die bron het gesê die vuurwapen waarmee die oorledene op die polisie geskiet het, is sy dienspistool.

Die polisie het daarna in sy huis afgekom op ’n kragopwekker wat ook vroeër die maand in ’n huisroof in Harare in Khayelitsha gesteel is.

Die polisie het op die bouperseel op ’n Toyota-bakkie, ’n 9 mm-pistool, ’n magasyn met 13 patrone en twee patroondoppies beslag gelê.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Polisiemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.