Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sersant doodgeskiet toe hy verdagte agternasit

’n Polisiebeampte van die teenbende-eenheid in Port Elizabeth is doodgeskiet toe hy ’n verdagte in ’n kaping en huisroof agternagesit het.

Die polisiesersant is Dinsdag omstreeks 19:30 op die hoek van Mission- en Stanfordweg in die noordelike voorstede van Port Elizabeth dood nadat verskeie skote op hom geskiet is.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Woensdagoggend by navraag gesê hy wag nog op besonderhede oor die voorval, maar ’n betroubare polisiebron sê die polisiesersant het ’n verdagte te voet agternagesit toe dié se makker hom van agter geskiet het.

Volgens die polisiebron het die twee verdagtes sowat ’n halfuur vroeër ’n egpaar in Chimaerastraat, Kuyga, beroof.

Polisiebeamptes en die metropolisie was op die toneel by Mission- en Stanfordweg waar ’n polisiebeampte Dinsdagaand doodgeskiet is.

’n Beskrywing van die egpaar se gesteelde Nissan NP200-bakkie is oor die polisieradio uitgesaai, waarna die sersant die bakkie in Missionweg opgemerk en dit tot by ’n verkeerslig gevolg het. Hier het die polisiesersant uitgeklim en die insittendes van die bakkie beveel om uit die voertuig te klim. Die passasier van die bakkie het uitgespring en weggehardloop en die sersant is agterna.

Volgens nog ’n polisiebron het die bestuurder van die bakkie toe uitgeklim en op die polisiesersant losgebrand voordat hy in die teenoorgestelde rigting weggehardloop het. Die sersant het inmekaargesak en is op die toneel dood verklaar.

Intussen het polisiebeamptes van die Kabegapark-polisiekantoor die man wat op die sersant geskiet het, gejaag en by ’n nabygeleë vulstasie vasgetrek en op sy vuurwapen beslag gelê.

Die polisie soek steeds na die tweede man.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Sersant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.