Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sersant en nog een vas ná kaping
Die gesteelde goedere.Foto: SAPD

’n Polisiebeampte van Wellington is Maandag in hegtenis geneem nadat goedere wat vermoedelik gesteel is, in haar huis gekry is.

Dié sersant is verbonde aan die Mbekweni-polisiekantoor in Wellington, sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder.

Die polisie het glo ’n wenk gekry oor ’n motorvoertuigkaping op 20 Januarie by ’n vervoeronderneming in Wellington.

Speurders het die inligting opgevolg en ’n lasbrief gekry om ’n huis in Sivivanistraat, Mbekweni, te deursoek.

Die gesteelde skryfbehoeftes.Foto: SAPD

Hulle het Maandag om 17:15 toegeslaan en afgekom op vermoedelik gesteelde rekenaartoerusting, DStv-Exploras, selfone, simkaarte, skoonmaakmiddels en skryfbehoeftes. Dié goed was glo alles in die gekaapte voertuig.

Die sersant is onmiddellik in hegtenis geneem, terwyl ’n tweede verdagte hom kort daarna by die polisie aangemeld het.

Nog klagte kan volgens Van Wyk bygevoeg word. Hulle sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla is.

Nog gesteelde goedere wat gevind is.Foto: SAPD

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.