Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sersant sterf: Koeël glo uit bendelid se loop

Die polisie het Maandagaand sewe 9 mm-koeëldoppies en ’n 9 mm-koeël opgetel op die toneel waar twee vermeende lede van die Mongrels-bende in Lavender Hill in Kaapstad op twee polisielede geskiet het.

Sers. Donovan Prins (34) van Portlands, Mitchells Plain, is in die aanval op hom en sy kollega gewond.

Prins, wat aan die Steenberg-polisiekantoor verbonde was en vir misdaadvoorkomingseenheid gewerk het, het in die Melomed-hospitaal aan sy wonde beswyk.

Polisiebronne het gesê die voorval het kort ná 23:15 gebeur.

Prins en sy kollega, ’n konstabel, was op patrollie toe hulle by die Fawley Hof-woonstelle in Lavender Hill op vyf vermeende lede van die Mongrels-bende afgekom het.

Vermeende bendelede het sers. Donovan Prins na bewering Maandag kort ná 23:15 in Lavender Hill gewond. Hy het kort daarna gesterf. Hy was aan die Steenberg-polisiekantoor verbonde en het vir misdaadvoorkomingseenheid gewerk. Foto: Verskaf

Die vermeende bendelede het glo in alle rigtings gespat toe hulle die patrollievoertuig opmerk.

Prins-hulle het twee in hul voertuig tot in Grindelsingel agtervolg, waar op die polisievoertuig geskiet is.

Die koeëls het Prins deur die voertuig se deur aan die bestuurskant in sy bolyf getref.

Die bronne sê sy kollega het daarin geslaag om die gewonde Prins na die passasierskant oor te skuif en met hom na die Melomed-hospitaal in Tokai gejaag. Prins het daar aan sy wonde beswyk.

’n Polisiewoordvoerder, lt.kol. Andrè Traut, het gesê die polisie volg alle leidrade op.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het Dinsdag sy medelye met Prins se familie en kollegas uitgespreek.

Sy familie is verseker dat die polisie alles in sy vermoë sal doen om die skuldiges vas te trek.

Mense met inligting oor die voorval kan die Stop Misdaad-nommer by 0860 010 111 skakel. “Alle inligting sal as vertroulik gehanteer word,” het Traut gesê.

Meer oor:  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.