Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sersant van Pta in hof ná hy meisie glo doodskiet

’n Sersant van die polisie se blitspatrollie in Midrand het Dinsdag in die landdroshof in Pretoria verskyn op ’n aanklag van moord nadat hy glo sy meisie verskeie kere geskiet het.

Sontaga Seisa, waarnemende woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat, sê die voorval het Sondagaand in die polisie-barakke in die Pretoriase Moot gebeur nadat die 41-jarige man glo die 35-jarige vrou van ’n skelm verhouding met sy kollega beskuldig het.

Die saak teen die sersant is Dinsdag uitgestel tot 14 April vir ’n borgtogaansoek.

Hy bly in aanhouding tot dan.

Meer oor:  Moordklagte  |  Sersant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.