Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sersant vas nadat hy glo sy vrou met bottelnek doodsteek

’n Polisieman verbonde aan die polisiekantoor in Lansdowne is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou met ’n bottelnek doodgesteek het.

Die 36-jarige sersant was van diens af toe hy glo sy vrou tydens ’n argument in hul huis in Mguqulistraat, Bardale, Mfuleni, doodgesteek het.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 01:30 na die huis ontbied, waar hulle op die lyk van die sersant se 35-jarige vrou afgekom het.

Hy is toe in hegtenis geneem.

Traut sê die sersant sal in die landdroshof in Blue Downs op aanklag van moord verskyn sodra hy aangekla is.

Meer oor:  Polisiebeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.