Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ses gevaarlike gevangenes ontsnap
Lundi MzimkhuluFoto: Verskaf
Khanyiso DlaliFoto: Verskaf
Sibusiso William NzuzoFoto: Verskaf
Siyabulela MtshobiFoto: Verskaf
Lebohang WellemFoto: Verskaf
Kuhle KibiFoto: Verskaf

’n Grootskaalse soektog is Vrydag op tou gesit nadat ses verhoorafwagtende gevangenes uit die Sada-tronk in Whittlesea in die Oos-Kaap ontsnap het.

Nobuntu Gantana, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die Oos-Kaap, het Vrydagaand aan Netwerk24 bevestig dat die ses mans omstreeks 11:45 ’n bewaarder oorrompel, sy vuurwapen afgeneem en met ’n voertuig gevlug het.

Die voertuig is later verlate in Cathcart gevind.

“ ’n Ondersoek is aan die gang om vas te stel presies hoe die ontsnapping plaasgevind het,” het Gantana gesê.

Die ontsnaptes is Lundi Mzimkhulu, Khanyiso Dlali, Sibusiso William Nzuzo, Siyabulela Mtshobi, Lebohang Wellem en Kuhle Kibi.

Gantana het mense aangeraai om nie die gevangenes, wat as gevaarlik beskou word, te probeer aankeer nie, maar om hul naaste polisiekantoor te kontak.

Meer oor:  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.