Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ses soek wat met aandete uit selle ontsnap

Ses verhoorafwagtende gevangenes is steeds op vrye voet ’n dag nadat hulle Saterdag ontsnap het uit die selle van die Letsitele-polisiekantoor buite Tzaneen, sê die polisie in Limpopo.

Kol. Moathse Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n grootskaalse soektog is onderweg om die gevangenes te vind wat omstreeks 16:45 ontsnap het toe polisiebeamptes vir hulle kos gegee het.

Die ontsnaptes is Eddie Baloyi (20), wat in hegtenis geneem is vir gewapende roof en poging tot moord, Adam Baloyi (20), vir huisroof, en Benedict Ledwaba (36), weens diefstal.

Doctor Kubayi (31), Lordwick Mhlongo (36) en Frank Nyambi (31) word gesoek vir sakeroof.

“Die omstandighede rondom hul ontsnapping word ondersoek,” sê Ngoepe.

Enigeen met inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die gevangenes kan kol. Cecil Machimane bel op 082 451 7181. – Tammy Petersen, News24

Meer oor:  Tzaneen  |  Gevangenes  |  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.