Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ses steeds soek wat egpaar aanval, martel

Die polisie soek steeds na die aanvallers wat ’n egpaar van Bronkhorstspruit aangeval en gemartel het.

Waldi van Zyl (64) en sy vrou, Cynthia (53), is Sondag op hul plaas in die Spitskop Balmoral-distrik vir meer as ’n uur aangehou en gemartel.

Konst. Munyadziwa Ramovha, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ’n saak van huisbraak word ondersoek.

Volgens die Bronkhorstspruit Veiligheidsinligtingsnetwerk was Waldi in die werkswinkel op sy plaas toe hy omstreeks 18:00 deur ses aanvallers oorval is.

Waldi en Cynthia van Zyl. Foto: Verskaf

Een van die aanvallers was vermoedelik gewapen.

Die werkswinkel is naby die plaashuis. Waldi het alarm gemaak en Cynthia het gaan ondersoek instel en gesien hoe haar man aangerand word.

Die aanvallers het Cynthia ook gegryp. Sy en haar man is met houtplanke en pype geslaan terwyl die aanvallers aangedring het op geld.

Diep wonde is met ’n hoekslyper in Waldi se been gesny, terwyl Cynthia se neus met ’n moersleutel vasgeknyp en gedraai is.

Twee vuurwapens, juweliersware en geld is uit die Van Zyl-egpaar se kluis geneem.

Die aanvallers het met hul buit en die egpaar se selfone in Waldi se bakkie in die rigting van die R104 weggery en vandaar moontlik in die rigting van Bronkhorstspruit of Emalahleni.

Kort ná die aanval het die egpaar se seun, Alexander, by die huis aangekom. Hy woon by sy ouers. Sy ma kon daarin slaag om haarself los te wikkel en het na hom geroep.

Waldi is per helikopter na ’n Johannesburgse hospitaal geneem waar hy ’n noodoperasie moes ondergaan. Hy het onder meer gesig- en skedelfrakture opgedoen en kry ook behandeling vir die wonde aan sy been. Sy toestand was teen Maandagaand nog kritiek.

Cynthia is per ambulans na Emalahleni geneem met kopwonde en verskeie kneusplekke. Sy is sedertdien van die waakeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas.

Meer oor:  Aanval  |  Waldi Van Zyl  |  Bronkhorstspruit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.