Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sesjarige red baba in kaping

Toe vyf skelms probeer het om sy ouma se Land Rover te kaap, het ’n sesjarige seuntjie van eMalahleni bo-op sy babasussie in haar karstoeltjie gaan lê om haar met sy lyf te beskerm.

Een van die mans het probeer om die knapie aan sy been uit die motor te trek, maar hy het verwoed bly klou.

“Hy het bo-op sy sussie bly lê sodat hierdie mans nie nader aan haar kon kom nie. Hy het letterlik geveg om op daardie stoeltjie te bly. Daai seuntjie van my is ’n held,” sê sy ma (29).

Die seuntjie is beskeie oor sy heldhaftige optrede. “Ek hou haar altyd vas en ek tel haar altyd op as sy huil. Ek is baie lief vir haar.”

Die kinders se ma en ouma was twee weke gelede met hulle by die departement van binnelandse sake in die dorp om aansoek te doen vir die baba se geboortesertifikaat. Sy was toe ’n maand oud.

Op pad huis toe het die vier rowers toegeslaan toe hulle by ’n rooi verkeerslig in Walter Sisulu­straat in die dorp se sentrale sakegebied stilgehou het.

Daar was twee rowers aan elke kant van die motor. Een van hulle het die ouma se deur oopgepluk.

“Ek het met ’n vuis sy neus stukkend geslaan en hy het geval. Gelukkig was die mans sonder wapens gewees,” sê sy.

Die ma sê die skelms het deur haar oop venster aan haar borste gevat. “Hulle het gedink ek het my selfoon daar weggesteek,” sê sy. “Ek het hulle hard geklap.”

Terwyl die familie met die rowers gestoei het, het ’n minibus van die polisie langs hulle verby gery en die beamptes het gesien wat aangaan.

Die minibus het nog nie eens tot stilstand gekom nie, toe het ’n polisievrou al klaar uitgespring en die eerste kaper platgeduik.

Kapt. Eddie Hall, ’n polisiewoordvoerder, sê vier van die skelms is dadelik in hegtenis geneem en hulle sal op 3 Februarie vir ’n tweede keer in die hof verskyn weens poging tot roof.

Die vroue en albei die kinders is ongedeerd.

Die familie mag nie geidentifiseer word nie om die identiteit van die minderjarige kinders te beskerm.

Meer oor:  Emalahleni  |  Kaping  |  Redding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.