Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun (10) deur 5 mans verkrag

’n Tienjarige seun van Thabong, Welkom, wat Sondagmiddag saam met sy maats in ’n gronddam baljaar het, is deur vyf onbekende mans verkrag.

Sers. Mamello Mokhuoane sê die seun en sy maats het hul klere uitgetrek en kaal in ’n watergat geswem toe vyf mans met honde hulle nader. Die mans was almal in komberse geklee.

Die seun se maats het vir die mans gevlug, maar Mokhuoane sê hy het in die modder vasgesit en die mans het hom uit die water gesleep.

Die seun is gedwing om aan ’n paal vas te hou terwyl hy deur die mans verkrag is.

Hy het ná die verkragting gevlug en hulp gaan soek.

Hy is na die Bongani-hospitaal geneem waar die polisie ontbied is. Vyf klagte van verkragting word nou teen die mans ondersoek.

Die polisie het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hulle met die ondersoek te help.

Meer oor:  Mamello Mokhuoane  |  Thabong  |  Welkom  |  5  |  Dam  |  Seun  |  Mans  |  Verkrag  |  Swem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.