Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun (11) raakgeskiet toe bendes glo slaags raak

’n Elfjarige seun is in die hospitaal en ’n 33-jarige man is agter tralies nadat die seun Sondag omstreeks 13:00 in ’n skietvoorval in Manenberg gewond is.

Volgens inligting het lede van twee strydende bendes mekaar op die hoek van Manenberg-rylaan en Vistualaweg met klippe gegooi.

Die man wat in hegtenis geneem is, is glo deur van die klipgooiers aangeval, waarna hy glo sy vuurwapen uitgehaal en verskeie skote geskiet het. Die seun is in sy boude raakgeskiet.

Die man het glo self die voorval by die Manenberg-polisiekantoor aangemeld en het beweer hy is deur die aanvallers in sy vinger gesteek.

Bronne het Maandag gesê ’n voorlopige polisieondersoek het egter getoon dat die man roekeloos opgetree het toe hy die skote geskiet het.

Volgens ooggetuies het hy lukraak en roekeloos na die bendelede geskiet wat mekaar met klippe gegooi het.

Die polisie beskou dit glo nie as waarskuwingskote nie omdat sy lewe glo nie in gevaar was nie.

’n Saak van poging tot moord word nou ondersoek.

Die man is glo die wettige eienaar van die vuurwapen.Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Sy sê die man sal in die landdroshof in Athlone verskyn sodra hy aangekla word.

Mense met inligting oor die voorval word gevra om die Manenberg-polisie by 021 699 9400 of die Stopmisdaadnommer by 0860 010 111 te bel.

Meer oor:  Manenberg  |  Skietvoorval  |  Seun  |  Gewond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.