Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun (12) dood in skietery in Kaap

’n 12-jarige seun is Vrydagaand in ’n koeëlreën in die Wes-Kaap dood nadat hy glo 11 keer getref is.

Sy bebloede lyk is op die hoek van Arum- en Connaught-weg in Eureka, naby Elsiesrivier, aangetref.

Na verneem word het die seun alleen gestap en was hy op pad na ’n plek waar hy vir sakgeld as motorwag werk.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die polisie is Vrydagaand omstreeks 21:25 in kennis gestel van ’n skietvoorval. Volgens die polisie se verslag het die seun verskeie skietwonde gehad en het hy weens die omvang van sy beserings beswyk.

Volgens Rwexana het die seun ten tyde van die skietvoorval alleen in die straat gestap, maar is die presiese omstandighede rondom die skietery nog onbekend.

Die polisie wou ook nie Saterdag bespiegel of die seun wel die teiken van die skietvoorval was nie.

Die Ravensmead-polisiekantoor ondersoek ’n saak van moord en alle moontlike leidrade word opgevolg om diegene wat vir die skietery verantwoordelik was, op te spoor, het Rwexana gesê.

Meer oor:  Parow  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.