Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun (12) sterf in skietery op Kaapse Vlakte; maat gewond

Wesbank se gemeenskap op die Kaapse Vlakte is geskok oor ’n skietvoorval wat die lewe van ’n 12-jarige seun geëis het en waarin ’n 15-jarige seun in die heup gewond is.

Volgens inligting is die 12-jarige in die kop geskiet.

Die skietery het Sondag omstreeks 17:00 in Lovemorestraat plaasgevind.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die Mfuleni-polisiekantoor ondersoek klagte van moord en poging tot moord.

Inligting dui daarop dat die twee kinders in die straat gespeel het toe iemand skote afgevuur het. Hy het daarna weggehardloop.

Die motief vir die voorval is nog onbekend.

Volgens inligting was daar drie verdagtes, van wie een gewapen was. Na bewering is die verdagtes lede van die 28-bende.

Nadat die polisie inligting opgevolg het, is twee tieners van 14 en 15 jaar oud in hegtenis geneem. Hulle verskyn Woensdag in die landdroshof in Blue Downs. 

Meer oor:  Wesbank  |  Skietery  |  Sterf  |  Seun  |  Gewond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.