Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun (14) steel oom se pistool; skiet glo maat dood

’n 14-jarige seun van Mankweng buite Polokwane is weens moord in hegtenis geneem nadat hy glo ’n maat doodgeskiet het.

Edmond Mololo Raseona (14) van Mothapo in Mankweng is Saterdag dood toe hy bo sy linkeroog geskiet is. Raseona, ’n gr. 9-leerling, is op die toneel dood.

Hy en sy 14-jarige vriend het ekstra wiskundeklasse bygewoon toe die skietvoorval gebeur het.

Kapt. Mohlaka Mashiane, polisiewoordvoerder in Mankweng, sê die 14-jarige skieter, wat ook ’n gr. 9-leerling is, is glo voor die ekstra wiskundeklasse na sy oom se huis, waar hy ’n pistool uit die kluis gevat het. Hy het nie toestemming gehad om die pistool te vat nie.

Die seun en Raseona is toe klas toe. Die twee maats was albei in gr. 9 aan verskillende skole in Mankweng. Die polisie weerhou die skole se name weens veiligheidsredes.

Mashiane sê die seun wat die wapen gehad het, het glo daarmee gespeel. “Hy het glo gedreig om die oorledene te skiet. ’n Skoot het afgegaan en die seun is bo sy linkeroog getref.”

Die polisie het die seun sowel as sy oom (65), by wie die wapen gekry is, in hegtenis geneem. Hulle sal van moord aangekla word.

Mashiane sê die 65-jarige man is ’n pensioenaris. Hy is ook aangekla weens die besit van ’n onwettige vuurwapen. Die pistool is glo nie gelisensieer nie.

Die man en seun sal eersdaags in die landdroshof op Mankweng verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.