Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun (15) glo in jeugsentrum verkrag

’n Seun is glo onlangs in die Bosasa-jeugsorgsentrum in Krugersdorp verkrag toe ’n versorger hom in ’n kamer saam met ’n ander seun daar toegesluit het.

Minderjariges, dikwels wetsoortreders, word by Bosasa aangehou.

Die 15-jarige seun se ma sê haar seun, wat soms nog met boublokkies speel, is erg getraumatiseer na die voorval.

“Hy is nog pure kind. Ek het my kinders beskermd grootgemaak en daarom is hy nog onskuldig,” sê die enkelma van drie kinders.

Haar oudste seun is in Bosasa ingeneem nadat hy by ’n familielid se huis ingebreek en goedere gesteel het. Hy staan tereg op aanklagte van huisbraak en diefstal.

“Ek het volgehou dat die familie ’n klag teen my seun moet lê, want ek wou hê hy moet weet daar is gevolge vir sy dade.”

Foto ter illustrasie.

Die seun neem van jongs af medisyne vir aandagafleibaarheidsindroom. Hy sou binnekort na die Sterkfontein- psigiatriese hospitaal in Krugersdorp oorgeplaas word sodat hy sielkundig geëvalueer kon word.

“Ek het gehoop dat hy die hulp gaan kry wat hy nodig het.”

Volgens die ma het die kamer by Bosasa waar haar seun gewoon het, nie stortgeriewe nie. Verlede Woensdag het ’n versorger daar hom kom haal sodat hy in ’n ander seun (17) se kamer kon gaan stort.

Die versorger het die twee seuns in die kamer toegesluit en hulle sonder toesig daar gelos.

Byna ’n uur later het die versorger teruggekeer en die kamer oopgesluit. Die seun het aan hom gesê dat hy verkrag is.

Papa Leshabane, woordvoerder van Bosasa, het die voorval bevestig. Hy sê die versorger is hangende ’n interne ondersoek geskors. Bosasa het ’n saak oor die voorval by die polisie aangemeld.

Sers. Tshepiso Mashele, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n klag van verkragting dieselfde dag teen ’n 17-jarige seun aanhangig gemaak is.

“Die polisie ondersoek nog die saak.”

Volgens die ma kry haar seun nou gereeld woede-uitbarstings en hy sê dat hy nie meer wil lewe nie. Hy is intussen weer in haar sorg geplaas.

“Ek tel nog elke dag die stukke op en ek probeer om sterk te wees vir my kind se onthalwe.

“Ek het hom daarheen (na Bosasa) gestuur sodat hy beter kon word, maar nou het ek ’n kind teruggekry wat nog meer gebroke is.”

Die familie oorweeg dit nou om ’n siviele saak teen Bosasa in te dien.

Meer oor:  Bosasa  |  Krugersdorp  |  Geweld Teen Kinders  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.