Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun (16) by skool in Stellenbosch gesteek

’n Hoërskoolleerling van Stellenbosch is Dinsdagoggend na bewering deur ’n medeleerling aangeval en na ’n hospitaal geneem.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het bevestig dat ’n gr. 8-leerling deur ’n gr. 9-leerling by ’n skool in Stellenbosch in die nek gesteek is.

Jessica Shelver, woordvoerder van die departement van onderwys, sê die leerling is in ’n bestendige toestand. Die skool het aangedui dat die voorval tussen periodes plaasgevind het.

“Die skool ondersoek wat tot die voorval aanleiding gegee het. Die vermeende aanvaller is intussen hangende ’n tugverhoor geskors,” sê Shelver.

Die nooddiens ER24 het Dinsdagmiddag in ’n verklaring bevestig dat ’n 16-jarige skoolseun na ’n hospitaal geneem is.

Paramedici het om 11:00 by die betrokke skool opgedaag, waar veiligheidswagte op die toneel was, sê Russel Meiring, ER24-woordvoerder.

“ ’n Seun wat ’n steekwond in die rug en gesig opgedoen het, is na ’n provinsiale hospitaal gebring,” sê hy.

Die polisie in die Wes-Kaap is bewus van die voorval, maar ’n saak is nog nie geopen nie.

Meer oor:  Er24  |  Stellenbosch  |  Skool  |  Kind  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.