Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun dood toe beampte glo in ‘skelmpie’ se huis losbrand

’n Polisiebeampte verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof in Bloemfontein weens onder meer die skietdood van ’n 11-jarige seun.

Dit spruit uit ’n voorval Vrydagaand net ná 22:00 toe ’n konstabel glo begin skiet het op die huis van sy vermeende “skelmpie” in die woonbuurt Batho.

Die konstabel van in sy 30’s is by die Bloemspruit-polisiekantoor gestasioneer.

Die “skelmpie” se 39-jarige man is in die maag getref en die seun, wat tydens die voorval televisie gekyk het, is noodlottig gewond.

Volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, is die polisieman kort hierna in Batho aangekeer. “Hy het steeds sy dienspistool by hom gehad.”

Sontaga Seisa, waarnemende woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die polisieman het glo ’n buite-egtelike verhouding gehad met die vrou wie se man in die voorval beseer is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici het die man op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal in die stad geneem is.

Volgens Vermaak het die vrou aan paramedici gesê die verdagte het by die huis ingekom en begin skiet, waarop die 11-jarige noodlottig gewond is. Paramedici het sy lyk in die huis gevind.

“Hy het ’n skietwond aan sy bors gehad.”

Opod ondersoek die voorval.

Meer oor:  Skietdood  |  Polisieman  |  Opod  |  Skelmpie  |  Seun Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.