Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa met kokende sop in gesig gegooi

“My hele gesig het gebrand. Ek weet nie of ek weer normaal sal kan lyk nie.”

Só sê ’n pa van Robertson nadat sy seun hom ’n paar dae gelede na bewering met ’n pot kokende sop in die gesig gegooi het.

Titus Swartz se gesig is verbind nadat sy seun hom glo met ’n pot kokende sop gegooi het. Foto: Basil Davids

Titus Swartz (55) het Sondag vir hom sop gemaak toe hy en sy 25-jarige seun in ’n woordewisseling betrokke geraak en hy sy pa glo aangeval het.

Sy seun het gevlug en is Donderdag in hegtenis geneem. Hy is van aanranding aangekla en sal binnekort in die hof verskyn.

Swartz sê sy vrou is jare gelede dood en hy, sy seun en dié se meisie woon saam. Swartz is werkloos.

Volgens Swartz is sy seun ’n dwelmgebruiker en steel hy glo gedurig van sy persoonlike items, insluitend sy klere.

Hulle het hieroor baklei toe die seun hom met die pot sop op die stoof gegooi het, sê Swartz.

Swartz het daarna hulp by ’n buurman gekry wat hom hospitaal toe geneem het.

Swartz sê die skade aan sy gesig is erg. “Hulle het die velle van my gesig afgekrap.”

Sy gesig is in verbande en net sy oë, neus en mond is oop.

“Ek kan net sien en asemhaal,” sê hy.

Op ’n vraag oor wat hy wil hê met sy seun moet gebeur, sê hy die reg moet sy gang gaan.

“Ek verduur pyn. Hy moet opgesluit bly. Hy moet sy straf kry.”

Meer oor:  Aanval  |  Woordewisseling  |  Pa  |  Sop  |  Gooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.