Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun kap glo bejaarde ma met byl dood

’n Seun van die Oos-Kaap wat na bewering sy bejaarde ma ná ’n stryery met ’n byl doodgekap het, sal Maandag in die hof voorkom.

Nogem Mahamba (88) se kleinkinders het Saterdag op haar lyk in hul huis in die Ngcwazi-nedersetting in Ngqamakhwe, sowat 35 km noord van Butterworth, afgekom.

Volgens kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, het Mahamba en haar seun (55) na bewering Vrydagaand ’n stryery gehad. Die seun het daarna blykbaar ’n byl gevat en sy ma daarmee aangerand.

Manatha sê dit is tans onduidelik waaroor die sogenaamde misverstand tussen die ma en seun was.

Mahamba se kleinkinders was tydens die voorval in ’n aparte kamer in die huis en het aan die polisie gesê hulle was te bang om hul pa, wat met die byl gewapen was, te keer.

Die kleinkinders het Mahamba die volgende oggend dood aangetref.

Manatha sê Mahamba se seun is nog dieselfde dag vir die moord op sy ma in hegtenis geneem.

Brig. Ngangema Xakavu, bevelvoerder van die Butterworth-polisiegebied, het intussen sy skok oor die voorval uitgespreek. Hy het die moord “op ’n weerlose vrou, glo deur ’n persoon wat veronderstel was om haar te beskerm”, ten sterkste veroordeel.

Die seun sal Maandag in die landdroshof in Ngqamakhwe voorkom.

Meer oor:  Butterworth  |  Misdaad  |  Byl  |  Gesinsgeweld  |  Moord  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.