Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun kom op bebloede pa af toe hy vinnig inloer

’n Man het op sy bebloede pa afgekom toe hy vinnig by hom in Port Elizabeth wou gaan inloer.

Veiligheidswagte en omstanders staan voor die huis in Greenshieldspark waar ’n bebloede 83-jarige man Donderdagmiddag deur sy seun aangetref is. Foto: Lulama Zenzile

In plaas van gesellig kuier, moes Cornel Wait inderhaas ’n ambulans ontbied nadat hy sy pa, Jannie (83), met wonde aan sy arms en kop op sy bed aantref het.

Wait, wat in Despatch woon, sê hy was Donderdagmiddag in Port Elizabeth en toevallig in die Greenshieldspark-gebied toe hy besluit het om by sy pa in te loer.

“Ek weet nog nie presies wat gebeur het nie. My pa kon nie praat nie, seker maar van die skok, maar hy is nou in die hospitaal,” het Wait kort ná die voorval gesê.

Dit blyk ’n huisrower het toegang tot die huis verkry waar Jannie alleen woon en hom met ’n panga aangeval.

Wait sê hy het die ernstige wonde aan sy pa se arms en kop gesien, maar hy wou nie bespiegel waarmee sy pa aangeval is nie.

Hy sê sy pa is in ’n stabiele toestand hospitaal toe geneem.

“Ek het nie verwag om hierop af te kom nie, dit is natuurlik ’n skok. Ek kon nog nie vasstel of iets uit die huis gesteel is nie,” sê hy.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Donderdagmiddag gesê die polisie is na die toneel uitgeroep, maar niemand was tuis nie. Daar is nog nie ’n saak aanhangig gemaak nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Wonde  |  Aanval  |  Man
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.