Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun kom op plaas op ouers se lyke af
Fanie (78) en Colleen Engelbrecht (74).

Eers toe sy ouers nie vir ’n Moedersdag-ete opdaag nie, het hul seun onraad vermoed.

Hy het hulle – nog in hul kerkklere – dood gevind op hul plaas naby Poortjie aan die Wes-Rand.

Sy pa het op 78 jaar nog hard geboer, sê Jo-An Engelbrecht (49), seun van Fanie (78) en Colleen Engelbrecht (74).

Die familie sou saam Moedersdag oor middagete vier.

Toe hulle nie by sy huis opdaag nie, het Engelbrecht na sy ouers se huis gegaan en op hulle afgekom.

“Hulle was twee dierbare, gelowige mense en in hul kerkklere toe hulle gegryp is.”

Engelbrecht boer al die afgelope 25 jaar saam met sy pa op Welgevonden en woon naby sy ouers se huis op die plaas.

Hulle was twee dierbare, gelowige mense en in hul kerkklere toe hulle gegryp is.

“Ek was die naweek aan diens en was in die vleiskamer ’n entjie van hul huis  af.

“Die Fortuner het voor die deur gestaan en ek het aangeneem hulle gaan kerk toe. My ma het ’n heupvervanging gehad, so my pa het naby geparkeer sodat sy nie ver hoef te stap nie.”

’n Groep van vermoedelik drie mans het tussen 09:00 en 10:00 toegeslaan en met moontlik twee handvuurwapens, kontant, ’n tabletrekenaar en selfoon weggekom.

In dié tyd het Engelbrecht gery. By sy terugkoms het hy niks vermoed nie, totdat sy ouers nie vir middagete opgedaag het nie, sê hy.

My pa se bynaam het ‘riet’ beteken – selfs op 78 het hy ’n voldag gewerk en baie van ons onder die tafel gewerk. Hulle het vir almal omgegee.

Teen Sondagaand was die huis nog afgesper en Engelbrecht sê dit is daarom moeilik om te sê presies wat als gesteel is.

Die spore van drie mans is op die erf opgemerk en dit blyk dat die rowers met een van die voertuie probeer wegry het, maar later te voet weg is.

Engelbrecht sê sy familie boer al van 1980 af op die plaas en het ’n lang verbintenis met die gemeenskap.

“My pa se bynaam het ‘riet’ beteken – selfs op 78 het hy ’n voldag gewerk en baie van ons onder die tafel gewerk. Hulle het vir almal omgegee.”

Die egpaar word deur Jo-An (49), Annerine (48) en Stefan (46) en “baie kleinkinders” oorleef.

Volgens Engelbrecht kan hy “dosyne” plaasaanvalle en moorde in dié omgewing opnoem, insluitend in Januarie, toe ’n egpaar ook vermoor is.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder in Gauteng, het Sondagmiddag gesê die moordenaars is nog op vrye voete.

Meer oor:  Fanie Engelbrecht  |  Colleen Engelbrecht  |  Poortjie  |  Wes-Rand  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.