Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun praat ná erge plaasaanval in Vrystaat

Die verwoesting van ’n mens wat vir 82 jaar net liefde gegee het, sal hom altyd bybly.

Dit is die woorde van Frans du Toit van Petrusburg wie se ma, Janetta (82), en broer Wimpie (54) Vrydagaand op hul plaas deur drie rowers met ysterstawe aangerand is.

Du Toit sê sy ma was Maandag baie emosioneel. Sy hoef gelukkig nie geopereer te word nie.

Janetta du Toit
Janetta du Toit (82) is Vrydagaand so erg aangerand dat haar seun Frans haar nie herken het nie. Foto: Verskaf

Van Wimpie se gesigspiere sal wel geheg moet word. Hy sterk by sy ander broer, Louw, in Bloemfontein aan.

Janetta is nog in die hospitaal.

Du Toit sê sy vrou, Maretha, en dogter, Janet, is ook baie getraumatiseerd.

“Hulle het gesien hoe lyk my ma en broer en ek kan agterkom dit vang hulle,” sê hy.

Du Toit sê hy beveilig intussen die plaaswerf.

Sy ma sal vir eers by sy suster, Jeanine van Staden, bly en Wimpie sal by Louw bly wat elke dag na die familieboerdery by Petrusburg ry.

Du Toit sê sover hy kon vasstel is een rewolwer gesteel. Twee huiswerkers het Maandag gesê hulle vermis geen ander artikels uit die huis nie.

Nog niemand is ná die aanval aangekeer nie.

Hulle het gesien hoe lyk my ma en broer en ek kan agterkom dit vang hulle.

Drie mans het Wimpie Vrydagaand uit die huis op die plaas Lovedale gelok deur die krag af te skakel. Hy is ingewag en met ysterstawe aangerand. Die aanvallers het Janetta in die huis aangeval. Die Du Toits het albei erge kop- en gesigbeserings opgedoen. Die mans het hulle vasgebind en gevlug.

Nadat die mans weg is, kon Janetta haarself bevry en het sy ’n noodknoppie gedruk om hulp te ontbied.

Meer oor:  Frans Du Toit  |  Janetta Du Toit  |  Petrusburg  |  Vrystaat  |  Aanranding  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.