Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun versteek glo wapen in teddiebeer
’n 15-jarige seun van Wesbank in Kaapstad het glo dié vuurwapen in ’n teddiebeer versteek. Foto: SAPD

In ’n sagte teddiebeer – dit is waar ’n 15-jarige seun van Wesbank in Blue Downs, Kaapstad glo ’n ongelisensieerde vuurwapen versteek het.

Volgens die polisie is die seun, wat Maandag in hegtenis geneem is, ’n vermeende lid van ’n plaaslike bende.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ’n wenk ontvang dat die seun ’n vuurwapen in die teddiebeer versteek.

In nog ’n voorval het die polisie in ’n operasie in Somerset Heights in die nabygeleë Kleinvlei ’n 35-jarige man vir die besit van ’n ongelisensieerde .38-rewolwer en ammunisie, asook die besit van ’n gesteelde voertuig in hegtenis geneem.

’n 35-jarige man is vir die besit van dié gesteelde Kia Picanto, ’n rewolwer en ammunisie in hegtenis geneem. Foto: SAPD
Die polisie het glo dié .38-rewolwer en ammunisie in die besit van ’n 35-jarige man gekry. Foto: SAPD

Traut het gesê die blou Kia Picanto is vroeër vanjaar in Parow as gesteel aangemeld.

’n 33-jarige man is ook in Kraaifontein vir die beweerde besit van ’n gesteelde Honda Ballade in hegtenis geneem.

Al drie die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Blue Downs verskyn.

• In nog ’n voorval lede van die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies agt mense in ’n padblokkade in Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap vasgetrek. Hulle is vir die beweerde besit van agt sakke met beskermde plante in hegtenis geneem.

Volgens Traut moet die waarde van die plante nog bepaal word.

Agt mans is in ’n padblokkade in Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap vir die besit van agt sakke met bedreigde plante vasgetrek. Foto: SAPD
Die agt goiingsakke met bedreigde plante waarop die polisie in ’n padblokkade in Vanrhynsdorp beslag gelê het. Foto: SAPD

Meer oor:  Blue Downs  |  Wesbank  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Vuurwapen  |  Arrestasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.