Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seun wat pa glo vermoor kry borgtog

Die man wat Dinsdagaand by sy woonstel in Bellville, Kaapstad, in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy pa, is Vrydag op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Etienne Bruwer (32) het Vrydag in die landdroshof in Bellville verskyn. Hy is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat sy pa, JJ “Jool” Bruwer (64), dieselfde dag vermoor is.

Bruwer en Jool het saam in die woonstel in Hildestraat in Chrismar gewoon.

Kapt. Jonathan Blankenberg, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor, sê bure van die Bruwers het Dinsdagaand gaan ondersoek instel nadat hulle ’n geskree in die woonstel gehoor het.

“Nadat hulle die deur oopgedwing het, het hulle Etienne in die huis aangetref met bloed aan sy voete.

“JJ is dood op die kombuisvloer gekry met wonde aan sy kop en lyf.”

JJ “Jool” Bruwer Foto: TygerBurger

Blankenberg sê Jool is na bewering aangeval, maar die polisie kon nog nie bepaal waarmee hy aangeval is nie.

“Die motief vir die moord is onbekend en die Bellville-polisiekantoor is nog besig met ’n ondersoek.”

TygerBurger berig mense wat liefs anoniem wil bly omdat hulle bang is vir vergelding, sê Jool is met ’n mes gesteek en met ’n harde voorwerp oor die kop geslaan.

’n Skoonmaakvoertuig van die maatskappy Bioproc Crime and Trauma Scene Clean-up is ook op die toneel gewaar.

Morné Summers, een van hul personeellede, wou nie kommentaar lewer nie.

’n Gemeenskapslid sê Jool, wat oorspronklik van Williston in die Noord-Kaap kom, was ’n kranige hengelaar, jagter en het ook gereeld gholf gespeel.

Bruwer en sy pa was glo al mense in die woonstel ten tyde van die moord.

Bruwer het ’n suster, Naomi, wat nie beskikbaar was vir kommentaar nie.

Blankenberg sê Bruwer sal weer op 25 Augustus in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.