Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sewe vas ná rooftog by winkelsentrum in Houtbaai

Sewe mans is agter tralies in verband met 'n rooftog by die Mainstream-winkelkompleks in Houtbaai in Kaapstad.

Kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die voorval was Donderdag omstreeks 23:15 toe twee gewapende mans wagte met vuurwapens aangehou het terwyl vyf van hul makkers die glasdeure van ’n winkel gebreek het.

Volgens Van Wyk het personeel in die beheerkamer van die winkelkompleks op die veiligheidskameras gesien wat gebeur en versterkings ingeroep.

“Die winkelsentrum se sekuriteitsbeamptes en lede van verskillende sekuriteitsmaatskappye het vinnig gereageer. Hulle het drie van die mans aangekeer toe hulle probeer vlug het,” het Van Wyk gesê.

’n Skietery het daarna tussen die inbrekers en die veiligheidsbeamptes uitgebreek. Twee verdagtes is aangekeer.

“Die polisie se honde-eenheid is ontbied waarna nog twee verdagtes in hegtenis geneem is. ’n Vuurwapen en ammunisie is gekonfiskeer. Daar is ook beslag gelê op huisbraaktoerusting, selfone en gesteelde eiendom.”

Die verdagtes, almal tussen 29 en 40 jaar oud, sal Maandag in die Wynbergse landdroshof op aanklagte van die onwettige betreding van sakepersele, die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie en die rig van ’n vuurwapen verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.