Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Siemens doen dalk sake met vermeende skieter

Die vermoorde Louis Siemens (54), besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Bloemfontein, en Kibi Stanley Bakili (36) het mekaar vermoedelik goed geken en gereeld saketransaksies saam gedoen.

Bakili is na bewering een van die drie mans wat Siemens op 10 Mei in die parkeerterrein van die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein doodgeskiet het.

Die polisie het glo beslag gelê op ’n lêer wat Siemens en Bakili se saketransaksies bevestig.

Die vermoorde Louis Siemens (54) van Bloemfontein saam met sy seun, Eduard (24).

Siemens, wat glo ’n 20%-aandeel in die CityMed-daghospitaal gehad het, het ook toerusting wat in operasieteaters gebruik word, verhuur en verkoop. Hy was dikwels in ’n operasieteater wanneer sy toerusting vir operasies gebruik is.

Die ander twee aandeelhouers, wie se name aan Netwerk24 bekend is, het onderskeidelik 20% en 60% van die daghospitaal besit. Swart ekonomiese bemagtiging is na verneem word ’n deel van die 60%-aandeelhouding.

Bakili kon Siemens moontlik gehelp het in die verhurings- en verkooptransaksies van operasietoerusting.

Johan Lombard, ’n familievriend van die Siemens-egpaar, sê hulle wag nou vir Donderdag se borgtogaansoek deur Bakili om te kyk of daar meer inligting uitkom. Verder wag die familie om te hoor hoe die polisieondersoek vorder.

Lombard sê hy en Siemens het die maand voor sy dood oor saketransaksies gepraat, maar daar was niks oor Bakili of oor iets wat tot Siemens se dood kon gelei het nie.

Bakili, ’n oudleerling van Grey-kollege en ’n oudstudent van die Universiteit van Pretoria, sal Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein om borgtog aansoek doen.

Gerugte wat ook ondersoek word, is dat Bakili moontlik miljoene rande se omkoopgeld wou hê vir die verkryging van ’n teaterlisensie as deel van die daghospitaal se uitbreiding.

Doktersvriende van Siemens sê dit is nou baie moeilik om te praat, want ’n mens weet nie of die Vrystaatse provinsiale regering die lisensie gaan toestaan of nie. “ ’n Mens wil hulle nie onnodig kwaad maak nie.”

Een van dié mense sê die CityMed-daghospitaal se bestuur het die afgelope tien jaar geweldige frustrasie ondervind met die verkryging van lisensies. ’n Ander sakeman moes onlangs omkoopgeld van ’n miljoen rand betaal om ’n lisensie te kry, terwyl sommige hospitaalbestuurders sommer binne dae lisensies gekry het omdat hulle op goeie voet met die regte amptenare is.

Lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die twee mans wat glo saam met Bakili was toe Siemens geskiet is, is nog nie in hegtenis geneem nie. Die saak is volgens haar nou in ’n baie sensitiewe stadium. “Ons kan nie nou verdere inligting gee nie.”

Bakili, ’n oudleerling van Grey-kollege en ’n oudstudent van die Universiteit van Pretoria, sal Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein om borgtog aansoek doen.

Meer oor:  Citymed-Daghospitaal  |  Louis Siemens  |  Bloemfontein  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.