Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Siemens-moord: 2 verdagtes ry glo nog in swart Jeep
Kibi Stanley Bakili (36), die man wat in verband met die moord op Louis Siemens in hegtenis geneem is. Foto: Facebook

Die twee verdagtes wat die polisie nog soek in verband met die moord op Louis Siemens, ry glo in die swart Jeep rond van die verdagte wat reeds vasgetrek is.

Dit is volgens veiligheidswagte by die Blue Ridge-meenthuiskompleks in Lilyvale, Bloemfontein, waar Kibi Stanley Bakili (36) gewoon het.

Bakili is in hegtenis geneem skaars drie uur ná die moord op Siemens verlede Donderdag omstreeks 15:10 in die kelderparkeerterrein van die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein. Siemens was die besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in dié sentrum.

Blue Ridge se veiligheidswagte sê inwoners van die meenthuiskompleks wat naby Bakili bly, het die twee verdagtes een aand vandeesweek gesien toe hulle sakke klere by nr. 47 kom haal het.

Bakili het hier gebly saam met sy vriendin, wat net as Lindiwe bekend is, haar nege maande oue baba uit ’n vorige verhouding en Bakili se 17-jarige broer. Die broer was ook glo Dinsdagaand by die meenthuis om klere te kry.

Maar was ek geskok oor die gebeure! Ek meen, dit is Bloemfontein dié.
Thabo Olivier

Dié inligting kon egter nie by die polisie bevestig word nie.

Die polisie sê die ondersoek is in ’n “uiters sensitiewe stadium” en dat hulle so min moontlik inligting wil gee omdat dit die ondersoek kan belemmer.

Volgens die veiligheidswagte by Blue Ridge het Bakili, ’n oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein, vriende in Botshabelo buite Bloemfontein, Johannesburg en Limpopo.

“Ons dink die polisie moet daar vir die swart Jeep gaan soek,” sê hulle.

By die Performing Arts Centre of the Free State (Pacofs) ken niemand vir Lindiwe nie, terwyl sy op haar Facebook-profiel sê sy het in Februarie vanjaar hier begin werk.

Daar is vandeesweek berig daar was huismoles by Bakili en Lindiwe sowat ’n week voor die moord en dat sy en haar baba onder polisiebegeleiding daar weg is. Sy het hierna ’n beskermingsbevel teen Bakili gekry. Ander inwoners beweer hy het gedreig om haar dood te skiet.

Konst. Wendy Nkabe, polisiewoordvoerder, sê die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet.

Thabo Olivier, ANC-stadsraadslid van die Mangaung-metro, wat Facebook-vriende met Bakili is, sê hy ken Bakili nie baie goed nie.

“Ons het mekaar toevallig een aand op ’n geselligheid vir oudleerlinge by Grey-kollege in Bloemfontein ontmoet. Verder ken ek hom nie.

“Maar was ek geskok oor die gebeure! Ek meen, dit is Bloemfontein dié.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.