Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sigaretdief jaag verniet vir polisie weg

Die polisie het ’n 21-jarige rower aangekeer ná ’n wilde jaagtog, ’n ongeluk en ’n poging van die man om weg te hardloop.

Polisiebeamptes op die toneel in Khayelitsha waar ’n 21-jarige verdagte aangekeer is in verband met die rooftog van duisende rande se sigarette.Foto: SAPD

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die bestuurder van ’n vragmotor wat Donderdagoggend sigarette in Delft afgelewer het, is omstreeks 08:00 van die inhoud van die vragmotor beroof.

Lede van die blitspatrollie het gereageer toe inligting ontvang is dat ’n rooftog in Symphonyweg in Delft aan die gang is.

’n Toyotabakkie wat voldoen het aan die beskrywing van een van die voertuie op die misdaadtoneel, is kort daarna in die omgewing opgemerk en die polisiebeamptes het dit agternagesit.

Van Wyk sê die bestuurder het probeer wegjaag en oor talle rooi verkeersligte gejaag. Die bestuurder het beheer oor die bakkie verloor en teen ’n lamppaal vasgejaag in Site C in Khayelitsha.

Hierna het die man weggehardloop, maar hy is aangekeer waar hy in ’n nabygeleë huis geskuil het.

Daar is 193 kartonne sigarette met ’n geraamde waarde van R62 000 teruggekry.

Meer oor:  Delft  |  Sigarethandel  |  Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.