Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sindikate oopgevlek; mense glo met werk-beloftes gelok

Twee sindikate wat na bewering by mensehandel betrokke is, is vandeesweek in Kaapstad oopgevlek.

Die Valke het die deurbraak gemaak toe hulle drie mense wat hul prooi glo met beloftes van werkgeleenthede na Kaapstad gelok het, opgespoor en vasgetrek het.

Leandre Meryl Williams Ayuk (35) het na bewering haar slagoffers op Springbok gewerf met die belofte van werk in Kaapstad. In Kaapstad is hulle na bewering dan bedwelm en gedwing om as prostitute te werk.

Ayuk het Woensdag in die landdroshof op Springbok verskyn.

Sy het die mense na bewering vir haar man, Edward Ayuk, gewerf. Hy is in September 2017 in verband met beweerde mensehandel in hegtenis geneem. Twee slagoffers, onderskeidelik 16 en 29 jaar oud is, is daarna uit sy huis in Brooklyn, Kaapstad, gered.

Twee mense, Vincent Ndidi Onyejekwa (39) en Uche Henry Ezenwa (35), het Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn nadat speurders hulle met mensehandelsake in Bellville en Milnerton in Kaapstad verbind het.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê in dié saak is twee slagoffers in Johannesburg gewerf en na Kaapstad gestuur met beloftes van werkgeleenthede en groot salarisse.

Die sake teen al drie verdagtes is na howe in Kaapstad verskuif.

Ayuk en Ezenwa sal na verwagting Maandag in die streekhof in Kaapstad verskyn, en Onyejekwa Dinsdag in die streekhof in Bellville.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.