Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Situasie in Houtbaai kalm

Alle paaie in Houtbaai is weer vir verkeer oopgestel nadat inwoners van Hangberg drie dae lank oor uitsettings in hul woonbuurt betoog het.

Inwoners het die strate ingevaar en ’n voertuig met ’n petrolbom gegooi en wetstoepassers aangeval omdat die Kaapstad-metro glo voortgaan met uitsettings ondanks vorige beloftes dat hy dit nie sal doen nie.

Roscoe Jacobs, gemeenskapsaktivis, sê inwoners is ontsteld omdat die metro glo gesê het dat uitsettings en die sloping van huise in Hangberg onvermydelik is.

“ ’n Uitsettingsbevel is ook Maandag aan een van die inwoners beteken.”

Die Hangberg Peace and Mediation Forum het Donderdag samesprekings met Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, en ander belanghebbendes gevoer.

“Dit het vrugte afgewerp en die stad het dit duidelik gestel dat daar geen planne vir uitsettings in die gebied is nie,” sê Jan Lewis, voorsitter van die forum.

Hy sê die uitsettingsbevel wat wel beteken is, is intussen opsygesit, hangende ’n ondersoek deur die stad.

Volgens Lewis het hulle ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die onluste onmiddellik te staak.

Wayne Dyason, die metro se woordvoerder van wetstoepassing, sê teen Vrydag was daar geen betogers nie en is wet en orde herstel.

Meer oor:  Hangberg  |  Misdaad  |  Geweld  |  Betogings  |  Houtbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.