Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Situasie ‘nogal sleg’, gee Cyril toe

Die jongste misdaadstatistieke wys die situasie in Suid-Afrika is “nogal sleg”, het pres. Cyril Ramaphosa Sondag in Johannesburg gesê.

“Ons kan nie ’n wettelose land wees nie. Ons kan nie ’n land wees waar wetteloosheid sommer net so gebeur nie, waar almal doen net wat hulle wil nie,” het Ramaphosa aan die Johannesburgse ANC-takke gesê.

“Ons moet nou ’n streep trek. Die wet van die Republiek van Suid-Afrika moet gehoorsaam word deur almal wat in hierdie land woon,” het hy gesê.

Die president het gevra vir vasberade optrede teen misdaad.

“Met die misdaadstatistieke wat uitgekom het, het ons gesien dat die situasie in ons land eintlik nogal sleg is.”

Ramaphosa het ’n beroep op afgevaardigdes gedoen om met ’n plan teen geslagsgegronde geweld vorendag te kom. Hy sal Woensdag ’n gesamentlike sitting van die parlement oor dié onderwerp toespreek. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.