Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Siviele eis kom dalk teen Uber ná aanvalle

’n Prokureur van Randburg wil namens twee van sy kliënte ’n siviele eis teen Uber instel nadat albei glo in afsonderlike voorvalle deur ’n man ontvoer is wat hom as hul Uber-bestuurder voorgedoen het.

Tracy Stockwell het tydens die ontvoering uit die bewegende voertuig gespring nadat sy gewurg is.

Die ander kliënt is in ’n afsonderlike voorval verkrag, aangerand en beroof.

Die name van die slagoffers van seksuele geweld mag nie sonder hul skriftelike toestemming in die media genoem word nie.

Nadat die voorvalle aangemeld is, het ons met die plaaslike owerhede in verbinding getree. Ons het die inligting tot ons beskikking aan die polisie gegee en ons samewerking het tot die inhegtenisneming gelei.

Die twee vroue se regsverteenwoordiger, Ulrich Roux, het Woensdag gesê hy wil volgende maand die eis teen Uber indien.

“Die vroue het die Uber bestel en was vas onder die indruk dat dit hul Uber-bestuurder is wat hulle oplaai. Ons glo Uber het nie die nodige maatreëls in plek gehad om dit te verhoed nie,” sê Roux.

’n Strafregtelike saak oor die voorvalle het reeds Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg begin.

Luidens die akte van beskuldiging is Roux se kliënte twee van vyf vroue wat van Julie tot Augustus 2016 in Randburg deur Mankgane Elias ontvoer is nadat hulle ’n taxi op die Uber-app bestel het.

In baie van die voorvalle is hy deur sy medebeskuldigdes, Maswikaneng Legadima, Bonga Sikhosana en Mkuwanazi Themba, bygestaan.

Hulle staan tereg op verskeie aanklagte, onder meer ontvoering, roof, verkragting, poging tot verkragting en poging tot moord.

Na verneem word, het hulle Maandag in die hof skuld ontken.

Roux beweer die groep mans het toegang tot Uber se bestuurder-stelsel gehad. Hy mag egter nie sê hoe nie, omdat dit nog nie in die hof uitgekom het nie.

Volgens Roux het Stockwell reeds Dinsdag in die hof getuig. Sy ander kliënt sal na verwagting Donderdag in die getuiebank wees.

Uber het by navraag in ’n verklaring gesê “ons gedagtes bly by die insittendes en hul families. Die voorvalle is baie ontstellend.

“Nadat die voorvalle aangemeld is, het ons met die plaaslike owerhede in verbinding getree. Ons het die inligting tot ons beskikking aan die polisie gegee en ons samewerking het tot die inhegtenisneming gelei,” lui die verklaring.

Volgens Uber is daar verskeie veiligheidsmeganismes op die app aangebring sedert die voorvalle aangemeld is.

Uber sê

Volgens Uber moet ’n bestuurder eers ’n professionele bestuurspermit kry voordat hy hom as ’n bestuurder op die app mag aansluit.

Dit behels dat sy misdaadrekord eers nagegaan word.

Uber het ook ’n tweede keuringsproses wat deur ’n derdeparty-verskaffer gedoen word.

Buiten die keuringsprosesse moet bestuurders hul rybewys, ID-dokument, bewys van versekering en padwaardigheidsertifikaat verskaf wanneer hulle aansoek doen. Hulle moet ook ’n bestuurstoets slaag.


Meer oor:  Randburg  |  Aanval  |  Uber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.