Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Sjokoladedief’ op video vasgevang
Bloemfontein se vermeende sjokoladedief vat Sondag ’n hand vol sjokolades in die Engen-vulstasie in Heidedal, Bloemfontein. Hy het egter die sjokolade weer teruggesit voordat hy die winkel verlaat het. Foto: Skermgreep

’n Vulstasie in Bloemfontein waarsku ander vulstasies in die stad teen ’n sogenaamde dief met ’n suikertand wat ’n voorliefde vir sjokolade het en glo al twee keer op hulle toegeslaan en R114 se sjokolade gesteel het.

Die vermeende sjokoladedief het Saterdagoggend by die Engen-vulstasie in Heidedal gestop en na bewering ses sjokoladestafies gesteel.

Op die beeldmateriaal, wat die vulstasie op Facebook geplaas het, kan gesien word hoe hy by die winkel instap en maak asof hy op sy selfoon praat.

Hy vat dan ’n hand vol sjokolade, loop tot by die yskaste, druk dit voor by sy broek in en loop “al pratend” op sy selfoon by die winkel uit.

Hy was na bewering die volgende dag terug en het glo weer sjokolade by sy broek ingedruk, maar dit glo weer uitgehaal en neergesit voordat hy die winkel verlaat het.

’n Werknemer van die vulstasie meen hy het waarskynlik besef die kassiere hou hom dop.

“Dit gebeur gereeld, maar dis gewoonlik kinders wat steel. Dit is die eerste keer dat ons ’n volwasse man sien wat steel. Hy het net gekom om te steel, sy bedoeling is duidelik.

“As dit ’n kind was, kan ’n mens dit toeskryf aan stoutigheid, maar hierdie is ’n groot man. Hy gaan weer steel.”

Volgens hom het hulle nie die voorval by die polisie aangemeld nie, omdat die polisie dit gewoonlik as ’n klein misdaad sien en eers maande later opdaag.

Die motor waarin die man gery het, is duidelik sigbaar op die beeldmateriaal.

Meer oor:  Engen  |  Heidedal  |  Vulstasie  |  Soettand  |  Sjokolade  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.